Discover and share books you love on Goodreads.
22 skrywers + 1 roman = OP PAD NA GRYSBERG
seen from United Kingdom
seen from United States
seen from China
seen from United States
seen from Australia
seen from United States
seen from Russia

seen from Australia
seen from Belgium

seen from United Kingdom
seen from United States
seen from Germany
seen from Türkiye
seen from United States

seen from Morocco

seen from United States
seen from China

seen from Netherlands

seen from Brazil

seen from United Kingdom
Discover and share books you love on Goodreads.
22 skrywers + 1 roman = OP PAD NA GRYSBERG
#Gif – Annerle Barnard & Franco V. Heyn
#Lapa
Rugby, sonskyn, en braaivleis. Welkom in Suid-Afrika.
As jy jou plek in die rugbyspan moet afstaan, is dit kort duskant ‘n katastrofe. En dis soveel erger as dit nie op meriete gebeur nie; jy word vervang deur iemand wat verbode middels gebruik om ‘n onregmatige voordeel bo jou te verkry. Niemand kan jou kwalik neem as die cliché “If you can’t beat them, join them” deur jou kop begin maal nie.
Joe en Thabo het reeds hulle plekke verloor, en Nathe vermoed sterk hy is volgende. Eerste prys is natuurlik om die onwettighede te ontmasker, maar die alternatief byt hardnekkig vas. Dit maak nie saak hoe daarna verwys word nie: djoes, juice, gif, steroïede, insulien, wat ook al, dis soos ‘n wortel voor ‘n donkie se neus.
Die roman ondersoek, analoog aan Fanie Viljoen se “Krag” (Lapa, 2023) die wêreld van verbode stimulante soos deur die oë van jeugdiges waargeneem, maar is gemik op ‘n ouer lesersgroep. Meer as morele en etiese kwessies word aan die groot klok gehang, obsessiewe gedrag, middelverslawing, groepsdruk, diabetes en dementia word onder die loep geneem.
Die taalgebruik is eietyds en ouderdomstoepaslik, en woorde soos “larnie”, “flippen”, “juice”, “tjoppa” en “zits” word gebruik. Alhoewel amusante beskrywings soos “plesiespier” en “stingelstres” gebruik word om newe-effekte te beskryf, word daar geen twyfel oor die erns daarvan gelaat nie: “Hy’s dood. Regtig.” (152)
Die spanningslyn word behou deur subtiele leidrade soos paaseiers in die teks te versteek, eerder as om alles uit te spel. ‘n Onwettige transaksie word beplan sonder dat die minderjarige se naam genoem word, daar word bloot na hom as “die seun” verwys (103) en oënskynlik terloopse verwysings na glutenvrye pizza en suikervrye grondboontjiebotter, kopknik in die rigting van diabetes.
Die roman is waarskuwend sonder om veroordelend te wees, relevant sonder om te preek, amusant, maar nie ligsinnig nie, en eietyds sonder die juk van ‘n vervaldatum. ❤️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek