Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18.

Andulka
Xuebing Du

Jar Jar Binks Fan Club
cherry valley forever
hello vonnie
RMH
Monterey Bay Aquarium

tannertan36
Mike Driver
PUT YOUR BEARD IN MY MOUTH
🪼
No title available

#extradirty
Game of Thrones Daily

Love Begins

@theartofmadeline

gracie abrams
YOU ARE THE REASON
No title available

izzy's playlists!
seen from T1
seen from Singapore
seen from Algeria
seen from United States

seen from United States
seen from United States
seen from United States

seen from United States
seen from United States

seen from United States
seen from United States
seen from United States
seen from United States
seen from United States
seen from Argentina
seen from United States
seen from United States
seen from Poland

seen from United States

seen from Malaysia
@annerlebarnardsworld
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18.
#Gif – Annerle Barnard & Franco V. Heyn
#Lapa
Rugby, sonskyn, en braaivleis. Welkom in Suid-Afrika.
As jy jou plek in die rugbyspan moet afstaan, is dit kort duskant ‘n katastrofe. En dis soveel erger as dit nie op meriete gebeur nie; jy word vervang deur iemand wat verbode middels gebruik om ‘n onregmatige voordeel bo jou te verkry. Niemand kan jou kwalik neem as die cliché “If you can’t beat them, join them” deur jou kop begin maal nie.
Joe en Thabo het reeds hulle plekke verloor, en Nathe vermoed sterk hy is volgende. Eerste prys is natuurlik om die onwettighede te ontmasker, maar die alternatief byt hardnekkig vas. Dit maak nie saak hoe daarna verwys word nie: djoes, juice, gif, steroïede, insulien, wat ook al, dis soos ‘n wortel voor ‘n donkie se neus.
Die roman ondersoek, analoog aan Fanie Viljoen se “Krag” (Lapa, 2023) die wêreld van verbode stimulante soos deur die oë van jeugdiges waargeneem, maar is gemik op ‘n ouer lesersgroep. Meer as morele en etiese kwessies word aan die groot klok gehang, obsessiewe gedrag, middelverslawing, groepsdruk, diabetes en dementia word onder die loep geneem.
Die taalgebruik is eietyds en ouderdomstoepaslik, en woorde soos “larnie”, “flippen”, “juice”, “tjoppa” en “zits” word gebruik. Alhoewel amusante beskrywings soos “plesiespier” en “stingelstres” gebruik word om newe-effekte te beskryf, word daar geen twyfel oor die erns daarvan gelaat nie: “Hy’s dood. Regtig.” (152)
Die spanningslyn word behou deur subtiele leidrade soos paaseiers in die teks te versteek, eerder as om alles uit te spel. ‘n Onwettige transaksie word beplan sonder dat die minderjarige se naam genoem word, daar word bloot na hom as “die seun” verwys (103) en oënskynlik terloopse verwysings na glutenvrye pizza en suikervrye grondboontjiebotter, kopknik in die rigting van diabetes.
Die roman is waarskuwend sonder om veroordelend te wees, relevant sonder om te preek, amusant, maar nie ligsinnig nie, en eietyds sonder die juk van ‘n vervaldatum. ❤️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Baie dankie aan die leser wat die vir my gestuur het.
Jy word hartlik uitgenooi na die aanlyn aankondiging van LAPA se 2023-Jeugromankompetisiewenner en -naaswenners. Vul asb. hierdie vorm volle