Vandag is ek kwaad. Iemand het, heel onskuldig en so in die verbygaan, kommentaar gelewer oor hoe ons erf lyk. Volgens hulle deurmekaar, en nie hoe ons gewoonlik leef nie. Nog iemand het iets te se gehad oor die hoeveelheid ongesonde snacks wat ons opvreet. Vreet is n aaklikige woord. Hulle het dit bedoel met al sy verskillende nuanses. Nog iemand het n eiertjie te le oor hoe ons nou aantrek, of juis nie aantrek nie. Blykbaar is covid nie rede genoeg om nie op te dress nie. Nou wil ek gou die rekord regmaak: Ons doen ons bes. Eks alleen-mamma vir 2 woelwaters wie VREESLIK onseker is op die oomblik. Hul lewens is weereens omvergegooi, en hoeveel keer dink jy vra n kind hulself of dit hul eie skuld is? Ja, selfs n 3 en 5 jarige. Ons sit sonder n inkomste, asook sonder enige guarantee dat ons vinnig een sal he. So tussen deur die tuisonderrig en huisskoonmaak en tuinwerk probeer ons ook iets genereer sodat ons die onnetjiese huis, tuin en kleredrag kan behou en bekostig. Dis moeilik op die beste dae en onmoontlik op die slegte dae. Na etlike weke van issolasie en inperking en stress sit ons almal met, in die beste gevalle, lae graadse depressie. En as jy vir my gaan se lipstiffie gaan dit regmaak het ek nuus vir jou. Ons almal doen ons beste. Jy kyk vir iemand en dink dit wat hul gee is 10% werd, maar dis letterlik alles wat hulle het. Ons is nie almal in dieselfde bootjie nie, ons is wel almal in dieselfde storm. So vandag, voor jy oordeel, en def voor jy jouself oortuig dat jy reg het om daai oordeel in woorde uit te druk, dink net n oomblik aan die ander persoon se battles. Veral die wat hulle nie op die oomblik gewen kry nie. Aan almal wie voel hulle word gejudge, of dit nou onregverdig is of nie, jy is genoeg. Meer as genoeg. #vanmyhartaf #ditisdit #genoeg #jyisgenoeg (at Pretoria, South Africa) https://www.instagram.com/p/CAHuPzaJrew/?igshid=1no0amcv7s0i1










