Insolvensie Sekwestrasie, likwidasie, rehabilitasie Sekwestrasie of Insolvensie is die vrywillige oorhandiging van jou boedel (finansiële sake) aan die Hooggeregshof onder die regulasies van die Insolvensie wet 24 van 1936. Dit is 'n aansoek gebring in die Hooggeregshof van Suid-Afrika, deur 'n prokureur in samewerking met 'n advokaat namens die skuldenaar wat uiteindelik die skuldenaar (Die applikant) sal
Insolvensie. Sekwestrasie, likwidasie, rehabilitasie
Sekwestrasie of Insolvensie is die vrywillige oorhandiging van jou boedel (finansiële sake) aan die Hooggeregshof onder die regulasies van die Insolvensiewet 24 van 1936.
Dit is ‘n aansoek gebring in die Hooggeregshof van Suid-Afrika, deur ‘n prokureur in samewerking met ‘n advokaat namens die skuldenaar wat uiteindelik die skuldenaar (Die applikant) sal toelaat om 80% van sy skuld af te skryf. Dit word gesien as ‘n laaste uitweg vir n skuldenaar om onder onoorkomelike skuld, wat voortspruit uit omstandighede buite sy/haar beheer, uit te kom.













