Fokofpolisiekar played the MK Vredefest held at Town Hall in Newtown, on the 3rd September (last week Friday). They were preceded by Foto Na Dans, Wrestlerish and other local bands. What an awesome night. Apart from being treated to my very first performance by Foto Na Dans (Holy Heck they were incredible!) and the always awesome Wrestlerish, Fokof seemed to own the night. I only managed to snap pics of Fokof, and Francois always puts on such an amazing show, what a performer. Great night spent with my love, watching bands, having a drink, having a time.
“Vanaand dans ons ter nagedagtenis van die lewens - deurdrenk met deursettingsvermoë - van afgestorwe geliefdes. Vanaand vier ons fees, ‘n Vredefest, die geleentheid om onsself te dompel in groot dosisse bewusmaking, kanker bewusmaking, op die maat van die musiek. “
Die Vrede Foundation is ‘n nie-winsgewende, publieke bystandsvereniging wat in 2008 die lig gesien. Die vereniging se onstaan is die direkte gevolg van die onbaatsugtigheid van gewese kanker pasiënt, AMP aanbieder en legende, Herman Pretorius.
Na maande se onverklaarbare rugpyn is Herman op die 3rde November 2008 gediagnoseer met Fase 3 prostaat kanker, sekondêre limf kanker en met kwaadaardige long-gewasse. Die aanvanklike skok was groot, maar met die bystand en ondersteuning van sy vriende en familie het hy besluit om die bul by die horings te pak. Herman was oortuig om nie nóg ‘n statestiek te word nie en sy lewe was getuienis hiervan. Hy het daagliks geinspireer met sy positiwiteit, sy lankmoedigheid en met die manier waarop hy simpatie getoon het teenoor individue wat hulself in dieselfde situasie bevind.
Herman is op 20 Augustus 2009 oorlede.
Die Vrede Foundation is vasbeslote om Herman se droom te verwesenlik. Geleenthede soos Vredefest skep ‘n sosiale platform vanwaar die vereniging bewusmaking onder die jeug bevorder en terselfdetyd fondse insamel. Die fondse dien as finansiële ondersteuning vir jong kanker pasiënte sonder ‘n mediese fonds.
’n Jong ex kanker pasiënt wie hierdie jaar se Vredefest kom ondersteun het, is Wimpie Maritz [27]. Sy sukses storie is beslis een wat herdenk moet word.
Michelle: Wat was jou persepsie van kanker voordat jy gediagnoseer is daarmee?
Wimpie: Ek het nie veel daarvan geweet nie. Vir my was dit ‘n siekte waarvan baie mense sterf, maar ek was nooit in kontak daarmee nie. Dit was een van daai klassieke gevalle waar ek gedink het dit sal nooit met my gebeur nie.
Michelle: Wanneer en waarmee is jy gediagnoseer en wat was die waarskuwingstekens?
Wimpie: Ek is in Junie 2011 met Nodular Sclerosing Hodgkin’s Lymphoma gediagnoseer. Die eerste tekens dat daar iets fout was, was die feit dat my bene en voete verskriklik gejuk het sonder enige waarneembare merke of ‘n uitslag. Daarna het ek ‘n geswelde klier in my nek gevoel wat meer sensitief geraak het. Ek het my huisdokter geraadpleeg, maar na ‘n week se Antibiotika was dit nogsteeds nie duidelik wat die problem was nie. Dit het ‘n paar bloedtoetse, ‘n sonar en ‘n biopsie van die klier geneem om te bevestig dat dit kanker was.
Michelle: Wat was jou aanvanklike reaksie toe jy die nuus ontvang het?
Wimpie: Dit was natuurklik ‘n skok, maar dit het nie die einde van die wêreld beteken nie. Ek dink dit was vir party ander mense ‘n groter skok as vir my. Ek voel hoe jonger ‘n mens is, hoe makliker hanteer jy hierdie soort van ding. Miskien is dit omdat meeste jong mense nog nie genoeg verloor het om te besef hoe kosbaar lewe regtig is nie.
Michelle: Met wie het jy die nuus gedeel/wie was jou ondersteuningsbasis en hoe groot rol het hulle gespeel?
Wimpie: Ek het die nuus met my ouers en naaste vriende en familie gedeel. My ouers bly in die buiteland, so dit was aanvanklik moelik vir hulle omdat hulle nie dadelik na my toe kon kom nie. My verloofde was die een wat vir my gesorg het terwyl ek chemo gekry het. Sonder haar sou die pad baie moeliker gewees het. Al my vriende was amazing gedurende my behandeling. Ek het geweet dat daar net een uitweg kan wees met al die ondersteuning wat ek het. Hulle het my las soveel ligter gemaak, dis regtig amazing hoe baie mense omgee.
Michelle: Hoe het jy positief gebly en moed gehou op ‘af’ dae?
Wimpie: My Playstation was ‘n groot staatmaker! Musiek is ‘n amazing ding! Luister na daai tunes wat jou goed laat voel. Die onkoloog wat my behandel het was ‘n positiewe mens van nature en dit het deur gesyfel na sy pasiënte. Ek kon regtig nie vir beter gevra het nie.
Michelle: Wanneer was jy kanker-vry verklaar en watter emosies het jy ondervind op daardie dag?
Wimpie: Ek het op die 1ste Februarie 2012 die goeie nuus ontvang. Dit het gevoel of ek my lewe terug het en asof dit nie regtig gebeur het nie. Op daardie punt kon ek weer voorentoe kyk. Dit het gevoel asof ek enige iets kan doen! Dit voel nogsteeds so!
Michelle: Hoe het die hoofstuk jou lewe beinvloed en jou persepsie van kanker verander?
Wimpie: Dit het my definitief laat besef dat my lewe baie kosbaar is. Nie net vir myself nie, maar ook vir die wat vir my omgee. Ek het baie geleer van ander mense en hulle goedheid. Dit beteken nou vir my iets, want ek sien hoe mense veg vir die bewusmaking van kanker. Soos by die Vredefest. Ek kan daarmee relate. Kanker is deel van die lewe. Ons hoef nie bang te wees daarvoor nie.
Michelle: Watter raad het jy vir jong kanker pasiënte?
Wimpie: Vat dit soos dit kom. Dis regtig nie nodig om jou kop te sak en moed te verloor nie. Ons almal se tyd is min, so gebruik dit! Jou ouers en vriende gaan nie altyd daar wees nie so maak seker jy neem en leer al die lesse en pas dit in jou lewe toe. Sien jou kanker as ‘n kans om die lewe op ‘n ander manier te ervaar. Leer elke dag iets nuuts! Bly positief. Dis makliker as wat jy dink!!
Kanker hoef nie ‘n doodsvonnis te wees nie.
Jy is die argitek van jou toekoms.
Neem beheer, word getoets.
Baie dankie aan almal – organiseerders, venues, bands, borge en bywoners – wie hierdie jaar se Vredefest ondersteun het. Ons veg, verenig.
Vrede
*Foto's deur Letitia Lerm