'n Kunswerk
Deur Anton Tsjekof
hy weet d'Sasia dat Smirnov sy ma se enigste seun is
iets onder sy arm wat in van die Finansiële Nuus toegedraai is, laat sy gesig 'n sentimentele uitdrukking aanneem, en gaan dr. Kosjelkof se spreek- kamer binne.
,,A, dis jy, ou seun!" groet die dokter hom.,,En toe- hoe gaan dit? Watter goeie nuus het jy vir my?"
Sasja knip sy oë, sit sy hand op sy hart, en sê gejaag: ,,Moeder stuur groete, Iwam Nikolaewitsj, en sy het gesê ek moet u bedank... ek is die enigste seun van my moeder en u het my lewe gered... u het my deur 'n gevaarlike siekte gebring en... ons weet nie hoe ons u kan bedank nie."
,,Ag onsin, man!" sê die dokter, hoogs in sy skik. »Ek het maar net gedoen wat enige mens in my plek sou gedoen het."
„Ek is die enigste seun van my moeder... ons is arm mense en kan u natuurlik nie vergoed nie, en...ons skaam ons eintlik, dokter, ofskoon Mamma en ek, die enigste seun van my moeder, u darem dringend vra om as bewys van ons erkentlikheid... hierdie voorwerp, wat...'n voorwerp van groot waarde, 'n antieke brons
...'n seldsame kunswerk... aan te neem." "Ag nee, maar julle moes dit nooit gedoen het
nie!" sê die dokter met 'n frons. „Waarvoor is dit?"
,,Moet dit tog nie weier nie," mompel Sasja nog steeds onderwyl hy die pakkie oopmaak. U sal vir Mamma en vir my leed aandoen as u weier... Dit is 'n pragstuk 'n antieke kunswerk van brons... My oorlede vader het dit vir ons nagelaat, en ons het dit nog altyd as 'n kosbare aandenking bewaar. My vader het antieke bronsstukke gekoop en dit aan kenners verkoop... Mamma en ek doen dit nou...."
Sasja haal die voorwerp uit en sit dit plegtig op die tafel neer. Dit was 'n nie alte groot armkandelaar nie van ou brons, artistiek en keurig afgewerk. Dit het bestaan uit 'n groep: op die voetstuk het twee vroue- figure in Evasdrag gestaan, en hulle houding was van so 'n aard dat ek nog die moed nog die nodige tempera- ment het om dit te beskrywe. Die figure het koketterig geglimlag en het die indruk geskep dat hulle, as dit nie noodsaaklik was dat hulle die blaker moes ondersteun nie, van die voetstuk sou afgespring het en hulle aan uitspattinge sou skuldig gemaak het wat onbehoorlik sou wees as die leser hom dit selfs sou probeer voorstel.
Die dokter bekyk die geskenk, krap langsaam agter sy oor, maak sy keel skoon en snuit besluiteloos sy neus.
Ja, dis 'n pragtige stukkie werk, dis seker," mompel hy,,,maar... hoe sal ek dit nou uitdruk?...Dis...h'm ... dis nou nie juis leesstof vir die huisgesin nie. Dis nie net décolleté nie maar verbrands bepaald onbehoorlik..." ,,Hoe bedoel u?"
,,Die ou slang van 'n verleier self kon niks erger versin het nie... Mensdom, dit sou die hele woonstel besoedel as so 'n fantasmagorie op die tafel sou staan."
"Maar wat 'n eienaardige manier om 'n kunswerk te beskou, dokter!" sê Sasja beledig. Dit is mos 'n artistieke ding-kyk net daarna! Daar is soveel skoonheid en sierlikheid dat dit 'n mens se siel met 'n gevoel van eerbied vervul en 'n knop in 'n mens se keel bring!
"Maar wat 'n eienaardige manier van 'n kunswerk te beskou, dokter!"
As 'n mens so iets pragtigs sien, vergeet jy al die aardse Kyk net-watter beweging, watter atmosfeer, watter uitdrukking!"
,,Ja, ja, ek begryp dit alles baie goed, ou seun," val die dokter hom in die rede,,,maar jy weet ek is vader van 'n huisgesin, my kinders kom hier ingehardloop, dames kom hier in."

















