ink painting - “Haïku” – Olivier Umecker
www.olivierumecker.fr
seen from United States
seen from South Korea
seen from United States

seen from France
seen from China

seen from United States
seen from China

seen from United States
seen from United States
seen from Türkiye
seen from Türkiye
seen from India
seen from Yemen
seen from United States
seen from Türkiye

seen from United States
seen from Türkiye
seen from China
seen from Canada
seen from United States
ink painting - “Haïku” – Olivier Umecker
www.olivierumecker.fr
Ink painting, abstract art – 2017 Olivier Umecker
www.olivierumecker.fr
'n Kunswerk
Deur Anton Tsjekof
hy weet d'Sasia dat Smirnov sy ma se enigste seun is
iets onder sy arm wat in van die Finansiële Nuus toegedraai is, laat sy gesig 'n sentimentele uitdrukking aanneem, en gaan dr. Kosjelkof se spreek- kamer binne.
,,A, dis jy, ou seun!" groet die dokter hom.,,En toe- hoe gaan dit? Watter goeie nuus het jy vir my?"
Sasja knip sy oë, sit sy hand op sy hart, en sê gejaag: ,,Moeder stuur groete, Iwam Nikolaewitsj, en sy het gesê ek moet u bedank... ek is die enigste seun van my moeder en u het my lewe gered... u het my deur 'n gevaarlike siekte gebring en... ons weet nie hoe ons u kan bedank nie."
,,Ag onsin, man!" sê die dokter, hoogs in sy skik. »Ek het maar net gedoen wat enige mens in my plek sou gedoen het."
„Ek is die enigste seun van my moeder... ons is arm mense en kan u natuurlik nie vergoed nie, en...ons skaam ons eintlik, dokter, ofskoon Mamma en ek, die enigste seun van my moeder, u darem dringend vra om as bewys van ons erkentlikheid... hierdie voorwerp, wat...'n voorwerp van groot waarde, 'n antieke brons
...'n seldsame kunswerk... aan te neem." "Ag nee, maar julle moes dit nooit gedoen het
nie!" sê die dokter met 'n frons. „Waarvoor is dit?"
,,Moet dit tog nie weier nie," mompel Sasja nog steeds onderwyl hy die pakkie oopmaak. U sal vir Mamma en vir my leed aandoen as u weier... Dit is 'n pragstuk 'n antieke kunswerk van brons... My oorlede vader het dit vir ons nagelaat, en ons het dit nog altyd as 'n kosbare aandenking bewaar. My vader het antieke bronsstukke gekoop en dit aan kenners verkoop... Mamma en ek doen dit nou...."
Sasja haal die voorwerp uit en sit dit plegtig op die tafel neer. Dit was 'n nie alte groot armkandelaar nie van ou brons, artistiek en keurig afgewerk. Dit het bestaan uit 'n groep: op die voetstuk het twee vroue- figure in Evasdrag gestaan, en hulle houding was van so 'n aard dat ek nog die moed nog die nodige tempera- ment het om dit te beskrywe. Die figure het koketterig geglimlag en het die indruk geskep dat hulle, as dit nie noodsaaklik was dat hulle die blaker moes ondersteun nie, van die voetstuk sou afgespring het en hulle aan uitspattinge sou skuldig gemaak het wat onbehoorlik sou wees as die leser hom dit selfs sou probeer voorstel.
Die dokter bekyk die geskenk, krap langsaam agter sy oor, maak sy keel skoon en snuit besluiteloos sy neus.
Ja, dis 'n pragtige stukkie werk, dis seker," mompel hy,,,maar... hoe sal ek dit nou uitdruk?...Dis...h'm ... dis nou nie juis leesstof vir die huisgesin nie. Dis nie net décolleté nie maar verbrands bepaald onbehoorlik..." ,,Hoe bedoel u?"
,,Die ou slang van 'n verleier self kon niks erger versin het nie... Mensdom, dit sou die hele woonstel besoedel as so 'n fantasmagorie op die tafel sou staan."
"Maar wat 'n eienaardige manier om 'n kunswerk te beskou, dokter!" sê Sasja beledig. Dit is mos 'n artistieke ding-kyk net daarna! Daar is soveel skoonheid en sierlikheid dat dit 'n mens se siel met 'n gevoel van eerbied vervul en 'n knop in 'n mens se keel bring!
"Maar wat 'n eienaardige manier van 'n kunswerk te beskou, dokter!"
As 'n mens so iets pragtigs sien, vergeet jy al die aardse Kyk net-watter beweging, watter atmosfeer, watter uitdrukking!"
,,Ja, ja, ek begryp dit alles baie goed, ou seun," val die dokter hom in die rede,,,maar jy weet ek is vader van 'n huisgesin, my kinders kom hier ingehardloop, dames kom hier in."
'N KUNSWERK
'N KUNSWERK Bladsy 3
Natuurlik, as u dit uit die oogpunt van Piet, Paul en Klaas beskou," sê Sasja, dan kan hierdie keurige stukkie kunswerk moontlik in 'n sekere lig gesien word Maar, dokter, u moet bokant die gewone mens verhewe wees, veral omdat u vir Moeder en vir my sal seer maak as u dit nie aanneem nie. Ek is die enigste seun van my moeder, u het my lewe gered.... Ons gee u die ding wat vir ons die kosbaarste is, en... en dit spyt my net dat ek u nie die paar kan gee nie...."
,,Dankie, man, ek stel dit baie op prys.... Sê groete aan jou moeder, maar dink tog 'n bietjie na-my kinders kom hier ingehardloop, dames kom.... Maar nou goed- laat dit maar hier bly! Ek sien dat daar nie met jou te redeneer is nie."
,,Daar is mos niks om oor te redeneer nie,” sê Sasja verlig.,,Sit die kandelaar hier, by hierdie vaas. Wat 'n jammerte dat ons nie die ander een van die paar ook het nie! Dit is regtig jammer! Nou ja, tot siens, dokter." Toe Sasja weg was, het die dokter lank na die kandelaar gestaan en kyk, agter sy oor gekrap en nagedink.
,,Dit is 'n pragwerk, dit val nie te ontken nie," dink hy, ,,en dit sou 'n sonde wees om dit weg te gooi.... Maar dit is onmoontlik vir my om dit te hou.... H'm.... Dis 'n moeilike sakie! Vir wie kan ek dit present gee, of watter liefdadigheid sou dit wil hê?"
Nadat hy lank gepeins het, het hy aan sy goeie vriend, die prokureur Uhof, gedink, want hy was iets aan hom verskuldig vir 'n paar regsakies wat hy vir hom in orde gebring het.
"Uitstekend," besluit die dokter,,,as vriend sou hy ongemaklik voel om geld van my aan te neem, en vir my sou dit baie paslik wees om hom dit aan te bied. Ek gaan die duiwelse ding na hom toe neem! Gelukkig is hy ongetroud en beskou hy dinge nie te nou nie." Sonder verder uitstel sit die dokter sy hoed op, trek
Bladsy 296
sy jas aan, neem die kandelaar en sit af na Uhof se huis, Hoe staan die lewe, ou vriend?" vra hy, toe hy die
prokureur tuis kry. Ek het jou kom besock...om jou
te bedank vir jou moeite.... Jy wil nie geld aanneem nie, maar teen hierdie ding sal jy tog seker geen beswaar kan maak nie.... Kyk hier, man.... Dis 'n pragstuk!"
Toe die prokureur die kunswerk sien, was hy in 'n onbeskryflike verrukking.
Wat 'n eksemplaar!" sê hy met 'n laggie. „Drommels, man, om te dink dat hulle hul so iets kon voorstel, die duiwels! Bekoorlik! Betowerend! Waar op die aarde het jy so 'n verruklike ding in die hande gekry?"
Nadat die prokureur met 'n stortvloed van woorde aan sy vervoering uiting gegee het, kyk hy so half verleë na die deur se kant toe en sê:,,Maar jy sal jou present maar weer moet wegneem, ou vriend.... Ek kan dit nie aan- neem nie."
,,Waarom nie?" roep die dokter uit, heeltemal uit die
veld geslaan.
»Ja, sien... my moeder is soms hier, my klante... en buitendien sou ek my skaam as my bediendes dit moes sien."
Ag, gekheid, man! Gekheid! Jy sal dit nie durf weier nie!" sê die dokter, en hy beduie met sy hande. Moenie vir jou koppig hou nie! Dis 'n kunswerk!... Watter beweging!... Watter uitdrukking! Ag, maar ek sal nie eens meer 'n woord praat nie! Jy sal teer!" my affron-
As 'n mens dit nou kon toepleister of vyeblare kon
opplak...." Maar die dokter maak net al onstuimiger gebare, storm die woonstel uit, en gaan huis toe, maar te bly dat hy van die present ontslae geraak het.
Toe hy weg was, het die prokureur die kandelaar bekyk, dit oral betas, en toe, net soos die dokter,
Deal.
sy kop gebreek om 'n plan te besin om van die present ontslae te raak.
Dit is werklik 'n knap stukkie werk," mymer hy, en dit sou darem baie jammer wees om dit weg te gooi, en onbehoorlik om dit te hou. Die allerbeste ding om te doen, is om dit vir iemand present te gee.... Ek weet! Net vanaand nog neem ek dit na Sjaskin, die komediant. Die karnallie hou mos van sulke dinge, en dit is nog boonop vanaand sy benefiet ook."
So gesê, so gedaan. Die aand het hy die kandelaar, sorgvuldig toegedraai, na Sjaskin geneem. Mans het mekaar die hele aand in die komediant se kleedkamer verdring om die geskenk te bewonder; die kamer het gedreun van 'n gemompel van geesdrif en 'n gelag soos die gerunnik van perde. As een van die aktrises naby die deur kom en vra:,,Mag ek binnekom?" dan het die komediant se heserige stem dadelik geantwoord:,,Nee, nee, ou kind, ek is nog nie gekleed nie!"
Na die voorstelling trek die komediant sy skouers op, gooi sy hande omhoog en sê:,,Nou ja, en wat gaan ek nou met die afskuwelike ding aanvang? Ek woon immers in 'n private woonstel! Aktrises kom my besoek! Dit is nie 'n foto wat jy in 'n laai kan wegsteek nie!"
"U moet dit liewer maar verkoop, meneer," raai die haarkapper aan wat besig was om die akteur uit sy klere te help.,,Hier in die buurte woon 'n ou vrou wat antieke bronse koop. Vra maar na Madame Smirnof... almal ken haar."
Die akteur het sy raad gevolg.. Twee dae later sit die dokter in sy spreekkamer, met sy vinger teen sy voorkop te peins oor die sure van die gal. Skielik gaan die deur oop, en Sasja Smirnof kom die kamer ingestorm. Hy glimlag van oor tot oor, en sy hele wese straal van geluk. In sy hande hou hy iets wat in koerantpapier toegedraai is.
»Dokter!" begin hy uitasem. U kan nie dink hoe
Bladsy
gelukkig ek is nie! Ons het gelukkig daarin geslaag om die maat van u kandelaar in die hande te kry! Mamma is so gelukkig!... Ek is die enigste seun van my moeder, u het my lewe gered...."
En Sasja, wat eintlik bewe van dankbaarheid, sit die kandelaar voor die dokter neer. Die dokter maak sy mond oop, probeer om iets te sê, maar sê niks nie: hy kon nie 'n woord uitkry nie.
Die Filippynse fotoredigeerder het Illustrator-kunswerk van hoë gehalte van ons professionele grafiese ontwerper se span verskaf.
Die Filippynse fotoredigeerder het Illustrator-kunswerk van hoë gehalte van ons professionele grafiese ontwerper se span verskaf.
Inercia #contemporaryart #natarosart #contrmporaryartist #art #kunswerk #inercia #arte #contrnporarypainting #arte https://www.instagram.com/p/CC41sisnNbk/?igshid=1oxcscm0vzmcx