Skryf oor ‘n event, maar uit die oogpunt van iemand anders as jyself wat daarby betrokke was. Bv. Toe hulle jou kar radio voor tukkies gesteel het – wat het die moer wat jou ruit stukkend gebliksem het ervaar?
Rotgif vir twee - Andries
(Die keer toe Willem en Andries vaginaalbeskonke was)
Swizwe vat ‘n laaste trek van sy Peter Stuyvesant voordat hy dit met ‘n boog in die eensame 7de straat in skiet. Deesdae kan hy net loose draws bekostig. Vandat Maria al weer in die andertyd is, gaan dinge maar broekskeur en die luxury van ‘n volpakkie sigarette is iets van die verlede.
Sy oog vang die twee dronk mans wat uit Rats (‘n gewilde kroeg onder die studente) strompel. Aanvanklik het hy gedink dis ‘n ou en sy girlfriend, wat hulle nog makliker targets sou maak, maar toe hy hulle die tweede keer van nader betrag het hy besef die blondie met die ponytail is ook ‘n man. Dit het hom bietjie skugter gemaak en hy het oorweeg om ‘n ander teiken te kry. Maar dit is ‘n koue wintersaand vannaand en die pickings is maar slim. Toe hy die twee mans by die 4de kroeg luidkeels sien ingaan het hy besef, die wyngod is aan sy kant vanaand en hy moet maar net geduldig wees. Die risiko bestaan dat hulle al hul kontant reeds geblaas het, maar daar is altyd, beursies met kaarte, selfone en horlosies wat hulle later kan pand. Hy hou hulle sedertdien dop. Want hulle het nie by Rats begin nie, maar hierdie is defnetief die twee se laaste stop.
“Kube abafana uphapheme. Yabelungu liyeza” roep hy sy bende tot waaksaamheid – die proei is oppad.
Vannaand is die eerste keer dat Mpho deelmaak van hul span wat by die “nagkantoor” werk. Dis oulike witleuentjie wat hy vir Maria vertel, sodat hy hulle inkomste kan aanvul. Sonder veel oortuiging het sy maklik die storie geglo dat hy ‘n loswerkie as skoonmaker gekry het by media24. Veral toe hy haar R200 in die handstop na hulle eerste “skof”. Mpho is Maria se kleinboetie en eintlik nog nat agter die ore, maar dis tyd dat hy sy deel begin bydrae, siende dat daar nog ‘n mond oppad is.
Die lange en blondie strompel oor die straat. Houtgerus , hulle vermoed niks nie. Nou moet hulle net afdraai uit die hoofstraat dan is dit ons kans. Hy en sy makkers is elkeen gereed vir die aanslag. Gewoonlik tot die tande bewapen, Robert met sy flick knife, Phiwe met ‘n bottelkop en Thuli met ‘n kettang en vir Mpho wat se virgin gebreek word ‘n halwe baksteen. Hy wat Sizwe is, natuurlik die kort steek assegaai. Maar vroeer vannaan het hullle amper hul rieme styf geloop met die langarm van die gereg en moes hulle inderhaas tydelik ontslae raak van hul wapens. Alhoewel hy twyfel of hulle gaan teenstand kry, die twee mans is duskant ombliksem en hulle is darem in die meerderheid.
Die twee mans draai af in die stil 4de laan en Sizwe en sy trawante begin hulle pas verskerp.
Shit hulle het ons gesien besef Sizwe. Met ‘n Gijima ma-gents maan Sizwe sy troepe tot haas en hulle begin te hardloop.
Ons omsingel hulle voordat hulle die hek toe kry en slaan toe. Maar die lange doen karate en dinge begin skeefloop. Ek, Robert en Phiwe probeer vir langeraad in toom hou en Mpho en Thuli takel vir blondie.
Fokof skreeu altwee luidkeels. En ek besef ons tyd is min, die bure gaan nou wakker word en as die buurtwag eers opdaag is ons in die kak. Blondie pluk ‘n mes uit en begin dit wild rondswaai terwyl karate Kallie vir my ‘n opstopper moker. ‘Bulalani abathakathi’ skerts ons terwyl ons sy houe probeer afweer. Mpho wat nog die heeltyd nie ‘n woord geuiter het nie, gee skielik ‘n wanhopige uitroep en ek besef daars goot kak. Sonder seromonie laat spaander ons die nag in. Ons het darem byt gemaak op twee beursies en selfone asook een van hulle se lekker winterbaadjies. By die tweede stopstraat merk ek dat Mpho begin agter raak en noodgedwonge hang ek maar terug om vir hom te wag en aan te por. Sy hemp is vol bloed en sy asem kort. Die nag het ons ingehaal en dit word donker. Met moeite kry ek hom tot by die ingang van Helen Josef hospitaal. Mes steke is ‘n redelike algemene ding by die ongevalle eenheid, veral aan die einde van die maand. Daar word gewoonlik nie te veel vra gevra nie, maar ek durf nie ‘n kans waag nie en los hom soos ‘n straatbrak by ingang voordat ek verdwyn. Ek sal maar vir Maria sê dat Mpho nog ‘n skof opgetel het en daarna by vriende gaan oorbly. Robert het nog die selfone en Phiwe die beursies. Hulle beter nie laat wees vir die trein nie. Ek wonder hoeveel ons gaan kry vir die selfone.
Die son skyn my wakker. Eina, fok, my kop pyn. Ek’s nie seker wat die moer in daai joint was nie. Hulle het dalk ekstra ARV’s in die ding gerol.
“Kom, word wakker. Ek vat al jou plekke vandag.” Skree Stompie van die hoek af.
Ek krap in die bosse vir my geel beffie. My beffie is my license, sonder hom is ek net ‘n hobo.
My kop is nog wasig, die son helder, maar ek kan ‘n kar sien aankom. “Hierso, hierso!” beduie ek. Die kleurling is smart met sy BMW. Sy sonbril lyk soos spieels.
“Don’t worry, it looks after itself” sê hy vinnig voor hy hom by sy vriende wat sit en bier op die hoek-kafee aansluit.
Ek probeer nog ‘n kar wys waar om te parkeer, maar hy ry my amper om om weg te kom van my af. Dit is darem Vrydag vandag, so hier sal heelwat mense kom en gaan. Ek kan dalk nog ‘n honderd rand vandag maak. Wanneer die mense vanaand gesuip raak, score ek dalk ‘n wallet of ‘n selfoon.
Ek stap oor na die kleurling se BMW. Dit was nog so ‘n geskarrel vandag, ek’t nog nie ‘n kans gehad om water af te slaan na ek wakker geword het nie. My belt se gespe maak maklik genoeg los. Die verligting van my vol blaas is die hoogtepunt van my week, veral met die dat my prostaat my ‘n kans gee om ‘n sterk stroom te wek. Ek voel die koel bries op my gesig terwyl ek na die sagte wolke in die blou lug staar. Ek onthou hoe ek en my boetie op die groen gras buite die dorpie gelê en stories opmaak het terwyl ons na die wolke gekyk het.
“Wat die fok is fout met jou?”
My dagdroom word onderbreek deur die ou met die wangbaarde en die sonbril.
“Jissis man, jy staan in die middel van die pad. Fok.” Hy stap weg, swetsend, terwyl hy sy kop skud.
Ek probeer verduidelik, maar my mond is te seer van gisteraand se bakleiery. Ek kyk rondom my, en besef ek kan in elk geval niks verduidelik nie. Ek het al lankal vergeet wanneer die presiese oomblik was wat ek die besluit geneem het om te kom waar ek is. Niks maak meer saak nie.