As jou lyf telling hou (3)
Die oorlog in ʼn ouerhuis Net omdat daar nie bomme ontplof nie en geboue verwoes word, ledemate afgeskiet word of hele woonbuurte platgevee word deur tenks of bomwerpers nie, beteken dit nie dat die ouerhuis nie vergelyk kan word met ʼn oorlogsone nie. In oorlogtyd kom politici en wetstoepassers, soldate en generaals, ministers en almal saam se handpoppe te staan teen mekaar, of saam met mekaar.…











