Ontsnapping is goed. Ek sal graag wil. Dis ‘n okay alternatief. Die daaglikse opgeskeeptheid met mense wat uitgevreet en oorvoed, rigied en stabiel is, suig die lewe uit my uit. Ek wil op ‘n plek wees waar daar nog idealisme bestaan. Waar naiwiteit nie ‘n uitsondering is nie, maar die norm. Ek wil nie meer onder die gesag van vrees en Mammon my dagtaak verrig nie. Ek is moegge....ek weet nie, moeg ge-kla, ge-verantwoord, ge-dryf en so aan. Bhutan, Tibet, waar tyd ‘n ander patroon volg en waarde het. Dis waarheen ek wil ontsnap. Waar ons almal die knie buig voor die Groot Onbekende.
In vergeleke met my vorige skrywe, bevestig hierdie dat daar iewers in die underbelly van my onderbewussein ‘n kognitiewe dissonansie bestaan wat een of ander tyd aangespreek sal moet word. Maar nie nou nie. Dalk op die ontsnappingsplek.







