Jannewarriekos - Pelsertert
Dis ‘n láng maand … en die beursie dun! Image by Gordon Johnson from Pixabay Jannewarie is gewoonlik ‘n moeilike maand – dit was vakansietyd én Kersfees én Nuwejaar én dis die maand wanneer nuwe skoolklere én boeke én sportdrag gekoop én skoolgeld betasal moet word. Én die gehalte van die gesin se etes moet die smulpape tevrede stel wat nou al teë is vir pasta en sous of vir jou macaroni en…















