Die ding oor 'n deegdingetjie
Image by Gabe Raggio from Pixabay Ek wou vandag net ‘n resep vir ‘n vinnige ontbyt- of laatoggend happie hier kom plaas. ‘n Maklike deegdingetjie om te maak om die een in die kombuis ‘n blaaskans te gee na al die groot kookery vir Kersfees en Nuwejaar. Ai toggie. Nog voor ek die resep kon plaas, struikel ek oor taaltoue in die kombuis. Of is dit taaltameletjies? ‘n Taalkoeksister se moses,…










