Sondae, Ongemaklike stilte wat skree in my ore.
Maar tog wil ek nie ophou luister nie.
Dis hard, opdringerig, besitlik.
Die afwesigheid van woorde.
Alle geluk en hartseer van die verlede
Gekonsentreer op een stil aand.
In die stilte het ek wel geleer
Dat nie almal wat jou hoor verstaan jou siel nie,
Dat ek my gedagtes duidelik kan hoor,
Dat dit ironies is hoe stilte soms te raserig kan wees en leegheid soms te swaar kan wees.
My foon laat my voel soos 'n vreemdeling.
Geforseerde goeie môres.
Liefdelose konneksies.
Sosiale media wat voorkom as intimiteit.
'n Eindelose soektog na my identiteit.
Maandae het ek nogsteeds nie die moed gekry om op te staan nie.
"Selfde" sê my vriende, 'n liefdes taal miskien?
Ek is gesê dat ek die stilte moet omhels
Is ek dan 'n anomolie dat ek net wil omhels word?










