Ricardo Peach, Director of the Vrystaat Arts Festival
I am a proud Afrikaner. I am also proudly South African as well as a world citizen. It is an incredible phenomenon for me to have watched how Afrikaans speaking communities from different backgrounds
have taken hands over the past few decades to develop diverse Afrikaans works for our country.
The Vrystaat Arts Festival will continue to focus on and support these language specific productions, maintaining and growing Afrikaans. Because of the phenomenal support of our core Afrikaans speaking communities, we are also in a position to reach out and embrace other language and culture groups, both locally, nationally and internationally. This makes our festival more relevant to our nation, more globally engaged and part of a much bigger international dialogue around art, culture and society.
We in the Afrikaans speaking communities can now take our rightful place on the world stage, not only proud of how we contribute to building a better South Africa, but also proud of how we work together to create a better world for us all. The interest in the work we do here in the heart of our country will continue to grow over the next few years, as we find new ways of maintaining culture, and fostering reconciliation with others.
We live in exciting times. I am incredibly proud to be the first Director of the Vrystaat Arts Festival.
I know that you will enjoy the extraordinary program as much as we had in putting it together. The inaugural Vrystaat Arts Festival
welcomes you to the Vrystaat, to experience our beautiful state and to participate in one of the most diverse, exciting and internationally connected arts festivals we have had to date.
Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees
Ek is ’n trotse Afrikaner. Ek is ook trots Suid-Afrikaans en ’n wêreldburger. Dit is vir my ongelooflik om te sien hoe Afrikaanssprekende gemeenskappe uit verskillende agtergronde oor die afgelope dekades hande vat om diverse werke vir ons land te ontwikkel. Die Vrystaat Kunstefees sal voortgaan om op hierdie taal-spesifieke produksies te fokus en dit te ondersteun, en Afrikaans te onderhou en te laat groei.
Vanweë die fenomenale ondersteuning deur ons kern- Afrikaanssprekende gemeenskappe is ons ook in ’n posisie om na ander taal- en kultuurgroepe uit te reik en hulle te omhels - plaaslik, nasionaal en internasionaal. Dit maak ons fees meer relevant vir die bevolking, globaal meer betrokke en deel van ’n baie groter internasionale dialoog oor kuns, kultuur en gemeenskap.
Ons in die Afrikaanssprekende gemeenskappe kan nou ons regmatige plek op die wêreldverhoog inneem, nie net omdat ons bygedra het om SuidAfrika ’n beter plek te maak nie, maar ook oor die wyse waarop ons saamwerk om ’n beter wêreld vir almal te skep.
Die belangstelling in die werk wat ons hier in die hart van die land doen, sal oor die volgende paar jaar bly groei namate ons nuwe maniere vind om kultuur te behou en versoening met ander te koester.
Ons leef in opwindende tye. Ek is ongelooflik trots daarop dat ek die eerste direkteur van die Vrystaat Kunstefees kan wees. Ek weet julle gaan vanjaar se uitsonderlike program net so baie geniet soos ons toe ons dit saamgestel het.
Die eerste Vrystaat Kunstefees verwelkom u na die Vrystaat: ervaar ons pragtige provinsie en neem deel aan een van die mees uiteenlopende, opwindende en internasionaal erkende kunstefeeste wat ons tot op hede in Suid Afrika het.