‘n Muntstuk in 500 woorde
Tjek bietjie die aangehegde uittreksel van Zen and the Art of Motorcycle Maintenance uit.
Ek dink die akademici tussen ons mag belangstelling vind in 'n groter deel as die res van ons, maar ek wil spesifiek fokus op die stukkie van writers block en kreatiwiteit (paragraaf 2 tot 13.)
Die oefening vir hierdie week is heel eenvoudig:
Elkeen skryf ten minste 500 woorde skryf oor een kant van 'n muntstuk.
Soli Deo Gloria - Moenie my vra wat dit beteken nie. Ek kan dit Google, maar kaalvuis kan ek jou nie antwoord nie. Wat dit is, is die geskryf onder die springbok op die muntstuk wat jou hele handpalm volgelê het. Die kenmerk van speelgrond rykdom in 1988. Waarmee jy vir jou ten minste 5 klein boksies smarties by jou tjommie se ma kon koop wanneer dit snoepiedag by die kleuterskool was.
Vandag is ʼn bokgeld nie veel groter as my duim se nael nie, en is dit die eerste stuk kak wat ek uit my beursie grou en ek aan die karwag gee of vir die waiter los. Vandag is die springbok enigiets tussen ʼn vloekwoord op die lippe van parlementslede of iets wat te veel geld of moeite kos om te skiet.
Die Rand is ver van die $1.40 wat dit in die 1960’s was. Randburg - vernoem na die Rand, is ver van die visie wat die stadsvaders gehad het toe twee-en-dertig rykgat woongebiede hulself wou distansieer van die res van Johannesburg. Vandag skraap mense hul kleingeld bymekaar vir die hoere en tik wat volop beskikbaar oorkant die lisensiekantoor is.
Coert Steynberg het een oggend ʼn telegram of oproep ontvang om ʼn springbok uit te kerf, en het heel moontlik nooit besef dat sy invloed so ver sou strek as ʼn bar in Melville op ʼn Maandagaand nie. Die woorde wat hy met moeite en deurdagte denke in die eerste R1 munt ingeëts het, het in 1990 in ʼn graad 1 klas in Lyttelton laas vir een spesifieke persoon vir ʼn oomblik iets beteken. Weet die hoof van die SA Mint of selfs die (on)eerbare president van die verhouding van dié Suid-Afrikaanse kenmerk en Bach? Norrefok.
Soli Deo Gloria? Soli ANC Gloria miskien.
Alles in ag genome - fuck it. Vat ʼn tree terug, en beskou die munt as die blote objek wat dit is, hou jou halwe glas draught in die lug en sit vir ʼn oomblik jou skyf in die asbak. Kom ons erken Coert en almal na hom, wat nog die moeite gedoen het om die oertaal met moeite in elke stempel in te ets. Mag ons almal aspireer om op ons kleinste manier ʼn impak te probeer maak - dis miskien iets wat vyftig jaar later net een poephol inspireer, en die wêreld ʼn dalk beter plek maak.
The sculptor stood poised with the chisel in hand, contemplating the naked figure before him. The measurements he had taken were precise because capturing the curve of the female body on the base of a coin was probably one of the hardest things he had ever had to do thus far. The mathematical precision was painstaking, the calculation of ratio, meticulous…….yet, there was more to this rendering than he cared or dared to admit.
The sultry sweep of her spine, the fold of her leg beneath her, the erotic rounding of her rear end, the longing sideways glance. Her hair was piled up on top of her head in order to highlight the elegant curve of her neck but he felt that it would have been better to be hanging loose, tickling the base of her behind. Or in this case, her tail. He stopped, chisel mid-strike.......TAIL....... What a strange word to call this creature. A tail. Catching tail. Chasing tail. Heads or tails? How was he ever going to capture the ephemeral essence of this being? Especially when she would only be the topic of the flip side of a coin. The tail. A pornographic construct of man’s lust. But she is more than just a tail. She is THE tale......of sultry womanhood, of fecundant motherhood. But these thoughts are fleeting, and the chisel continues to strike, to chip away at the mint that will become the base of the coin. Creating the other. The voiceless other. The alter to the ego. The second self. The tail to the head.
In 1994 het hulle vir ons gese: Eendag as ons groot is gaan dit baie geld werd wees. In 1994 was R5 nog immers iets werd gewees. Dis om en by die tyd toe ek begin skelm rook het en jy kon by die Griek op die hoek ‘n pakkie stywesand swaai vir onder R5. Dus vir ‘n 12 jarige rebel was ‘n R5 ‘n klein fortuin. Met twee R5 rande in jou sak kon jy gaan hang het by die V-Town en vir jou ma-hulle gespin het dat jy fliek gekyk het. Die truuk was wel om jou huiswerk voor die tyd te doen. Want as jongste van drie, het ouboet en ousus al jare se kak aangejaag en ek moes die spit afbyt of net meer kreatief wees om weg te kom met meer as moord, skelmrook. ‘n karwas sou vir my twee vyfrande in die sak besorg en as ek braaf was en die grassnyer ook aangeskakel nog silver sekel vir die hedonis wat ek was en seer sekerlk steeds is. Nie dat ek die flukste jong man onder die son was nie, maar ‘n man wat cool wil wees, moet ‘n paar skuiwe in die sak he en kan maak asof hy fliek. En daarvoor het jy bokke nodig gehad.
In die oorvol tronke van Suid-Afrika, speel die R5 steeds so belangrike rol soos wat dit vir my as klein rebel beteken het. Omdat meeste dinge in die lewe iets werd is, maar in die tronk wat ‘n gelykmaker is, help dit nie om buitensporige bedra te vra vir gunsies of goedere nie. In die oudae was sigarette die hoof komoditeit, maar deesdae kraai die R5 koning. Van badseep tot gatseks of beskerming daar teen gaan jou 5 bokke uit sak jaag. Nie dat ek eerstehandse ervaring het van die binne bruto werke van ‘n tronk nie, dis maar hoe dit aan my vertel is.
Twee en twintig jaar later loer ek na die Presidentiele Inhuldigings munt in my lessenaar laai en wonder wat dit werd is vandag. Google is ‘n mens se vriend, maar daar is te veel tegniese dinge wat saam met dit gaan om presies die waarde van my ou muntjie te bepaal. Hy is versteekseker meer werd as die R5 wat ek onthou, maar hoeveel presies gaan ek nog lank wonder. Ironiese genoeg meer as die prys wat betaal is om dit spaar of wat dit dalk kan werd wees vandag, staar ek verstom en wonder hoe defok ek dit reg gekry het om hierdie een nie te geblaas het nie.
Die ikoon tussen die woorde op die agterkant van die munt is onduidelik. Daar is vlerkies bokant ‘n skild met iets wat te verweer is om te kan sien. Die belangrikheid van die embleem is ook verlore in die waarde van die muntstuk. Inflasie het dit laat verkwyn tot junk wat net jou beursie vol maak.
Maar ten spyte van die skynbare waardeloosheid van die muntstuk het dit werklike waarde. Net soos een druppel water wat die meeste kere net ‘n irritasie is kan baie druppels water ‘n rivier vol maak, mense en diere red van droogte, kos produksie verseker of selfs gemeenskappe verspoel. Tien van die waardelose muntstukke kan vir ‘n werklose red van hongersnood. ‘n Honderd kan ‘n gangbare middagete koop. ‘n Duisend kan jou tenk vol brandstof hou vir die week. Tienduisend is ‘n klein fortuintjie vir die meeste mense. Indien elke persoon op die aarde wat inkomste verdien net een van hierdie waardelose geldeenheid kan afstaan kan dit ‘n verskil aan hierdie planeet van ons maak. Daarmee kan ons alternatiewe bronne van energie verseker sodat sy nie verder stelselmatig verorber word nie.
In my amper 50 jaar kon ek nog steeds nie sin maak dat die verkeerde kant van die muntstuk die kop kant is en die voorkant wat die geldeenheid wys die stert kant nie. Deesdae het die muntstukke nie meer koppe op die kop kant nie. Die koppe bly nie meer lank genoeg belangrik om op munte te kom nie. In elk geval nie die wat in alledaagse omloop is nie. Die Republiek van Suid Afrika se embleem sal darem seker ‘n bietjie langer van toepassing bly as ‘n politikus se veretste kop. Maar dit is ‘n goeie ding. In my beskeie opinie as ons president se gesig op ‘n muntstuk moet wees gaan die Reserwebank dalk moet begin bitcoins gebruik vir kleingeld een van die dae.
Wat ongelooflik is is dat hierdie vuil stukkie metaal (ek dink dis een of ander brons allooi) vir 13 jaar in omloop is. As mens ‘n lys van eienaars kon maak en waarvoor dit als gebruik is in die koop transaksie behoort dit nogal ‘n vreesaanjaende lys te wees. Dink net…
As ‘n fooitjie gelos by ‘n koffiewinkel. (Te min om te vat, te min om opsigself iets werd te wees vir die kelner)
Die kelner gooi dit in ‘n banksakkie saam met sy ander geld en handig dit weer dieselfde dag terug aan iemand wat dit weer vir hom los. Na ‘n paar siklusse hou die persoon die 2003-Borwa-Afrika en bêre dit in haar Louis Vouton beursie wat 22000 van hierdie muntstukke kos.
Die Louis Vouton eienaar gee dit en die res van haar kleinkgeld vir ‘n boemelaar wat vir hom ‘n half-jakkie by die shebien gaan koop.
Die muntstuk gaan maak ‘n draai deur ‘n paar taxies as fooi vir nagmerrie ervarings wat deur hulle verskaf word voordat dit uiteindelik weer by ‘n bank uitkom.
Die bank gee dit aan ‘n kafee wat kom kleingeld haal en ‘n 10 jarige seuntjie kry dit as kleingeld by die winkel toe hy gaan roomys koop toe sy week se sakgeld ‘n gat in sak begin brand.
Jy kan nog die taaiheid van die roomys voel op hierdie 50c muntstuk.
Die minder bekende, maar aansienlik mooier, kleinboet van die swaar goue pond munt. Die koninging se bakkies pryk op al wat ‘n munt of papier is. Die halwe pond is geen uitsondering nie. Ek voel skoon volksverraaier oor ek ‘n groot queen aanhanger is. En nie net Freddy se band nie. Die 90-jarige dame met die cool hoede en vet hondjies het definitief my aandag getrek oor die jare. Ek kry al ‘n aansienlike kleiner gatkramp as ‘God Save the Queen’ gesing word… Nie gedink dis iets wat ek ooit sou sê nie. My mond sal daai woorde nooit kan vorm nie, maar ek gun nou die inwoners hulle eie volkslied! Dis tog waar ek myself nou bevind, en ook nie so tydelik soos ons gehoop het nie. Ons nuwe herberg is na 3 jaar nie meer so nuut en opwindend nie, en het ‘n meer ingeleefde, gemaklike gevoel. Sy geld voel nou ook tuis in my hande.
Na drie jaar is dit nou minder vreemd om ‘n 50p uit my beursie te haal, eerder as ‘n R5-muntstuk. My R5, R2 en R1 munte slaap nou in ‘n glasbottel reg vir die volgende vakansie huis toe. Interessante konsep, die vakansie na jou huis toe. Die plek met die R5 munte sal seker altyd vir ons huis wees.
Naas die £2 munt is dié een my gunstelling. Ek het nog nie my kleintyd uitkyk verloor dat groter altyd beter is nie. Heptagon, silwer, groot en blink. Die queen se halwe pond. In ‘n Hollandse-Suid Afrikaner se beursie wat haarself (nogsteeds verbaas) halfpad, verkeerde kant oor die ewenaar bevind.