ek wens soms ek was anders, ek wens soms ek was nie ek nie.
ek skryf soms stories oor my lewe, maar dit voel nooit soos my plek nie.
ek droom oor ‘n wêreld; ‘n plek waar ek werklik bestaan.
ek droom soms oor ‘n lewe waar my inkleurkryte oor die lyne kan gaan.
almal het hierdie idee van wie ek moet wees, en daardie idee het ek toe geword.
maar nou sit ek hier en wonder wie ek dan werklik is.
want ek hou nie van die idee wat ek is nie; ek wens ek was myself.
















