Ek is nog nie als wat ek wil wees nie, maar ek is meer as wat ek was.
Ek leer nog.
Ek is gelukkig.
Ek weet ek het min vriende maar ek weet ek het ware vriende.
Ek weet ek het ‘n droom.
Ek het ‘n kussing vir rus.
Ek het ‘n plek om te gaan as dit reën.
Ek het iemand om te bel as ek alleen voel.
Ek het natuur om my, vars lug en die geleentheid om elke dag die son te jaag en dit is genoeg.
Dit is meer as genoeg.
Ek is genoeg.
Als het verander toe ek myself vergewe.

















