Koelkop
©Rina Bester Ek raak nooit betrokke by politiekery nie, maar ek maak Heredotus se wysheid aan die einde van elke dag deel van my aandgebed wat ek aan die wêreld se magsdraers opdra: “Vader, gee aan hulle koel koppe en wysheid om ons wêreld heel te hou, al is die verskille hoe groot. Want niemand is tog so gek om oorlog bo vrede te begeer nie? Dit is dan nou eenmaal so dat seuns hul vaders in…















