Sommige van ons het hierdie jaar met soveel passie en oortuiging begin dat dinge gaan verander en dat dit sommer vining sal gebeur! ‘n Maand later en dinge het toe nie verander soos ons gedink, gehoop en geglo het dit sal nie. Ons is so telerugesteld omdat omstandighede nog net dieselfde is en ons situasie nog net so onuithoudbaar is. Moenie moedeloos word nie, maar wag in geloof oop God se vol-maakte antwoord en uitkoms op SY perfekte TYD!
Eks 3:7-10 Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem ... daarom stuur ek JOU na die farao toe, sodat jy my volk, die Israeliete uit Egipte kan bevry. In vers 11 sê Moses: Wie is ek dat ek dit by die farao sou waag en dat ek die Israeliete sou bevry? God antwoord Moses in vers 12: Ek sal by jou wees. Amos 7:14,15 : Amos het toe vir Amasia geantwoord: ” Ek is nie so ‘n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee, ek kweek wildevye, maar die Here het my agter die kleinvee weggevat en vir my gesê: gaan tree as profeet op… Elke Pa het drome oor sy kind en dit is groot drome! So het God, die Meester Skepper en Vakman, ook oor jou gedroom toe Hy jou gemaak het. Die verskil tussen ‘n aardse Pa en ons hemelse Vader, is dat die Here se drome oor my en jou volmaak is. HY weet waarvoor ons gemaak is en Hy weet dat Sy Gees in ons woon en dat ons daarom tot alles in staat is. Hy het reeds alles betaal en gedoen, sodat ons by die droom kan uitkom wat Hy oor ons het! Soms lyk die taak en die opdrag vir ons onmoontlik en kan ons glad nie die volgende tree sien nie, maar dit is dan wat ons die Here net blindelings moet vertrou en Sy Woord moet glo! Vlug jy of tree jy aan? Ons het al vir mekaar gesê dit is tyd om aan te tree! Waar staan JY in die begin van 2013? As jou hemelse Vader vandag voor jou kom staan, soos voor Moses en Amos, wat antwoord jy? Dalk: Nee, Here ek kan nie, ek is net ‘n gewone mens! Miskien is dit tyd dat jy vandag sal hoor en sal GLO wat die Here vir jou sê: • Jy is geseënd: Ef 1:3b – Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge wat daar in die hemel is. • Jy is geliefd: Joh 3:16 – want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. • Jy is geroep: Mark.16:15 Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Hand.1:8 – Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom. Wat hou jou terug? Is dit dalk ongeloof? Hoe kan ons nog twyfel ? Ek glo ons is elkeen geroep soos Ester in Ester 4:14 -vir ‘n tyd soos hierdie en ‘n taak waarvoor God JOU oprig en bekwaam maak! Hy het ‘n Meesterplan vir jou en my lewe! Vra Hom waar en hoe Hy jou hierdie jaar wil gebruik in jou gemeenskap, stad en land. Kom in ritme met die hartklop van God vir jou lewe! Dalk is jy die een wat by jou werk of jou gemeente, die inisiatief moet neem om ‘n gebedsgroep te begin. Maak nie saak waarvoor jy die Here vertrou nie, moenie moedeloos word nie, Hy is in beheer en op SY perfekte tyd sal alles in plek val en sal dit waarvoor jy Hom vertrou en waarvoor jy bid in vervulling gaan. Dalk is hierdie die jaar van God se “fullness of time” vir jou en jou huis ! Hou aan bid en glo en vertrou, Hy hoor en sal jou antwoord op Sy perfekte Tyd. Suid Afrika: Ons as Christene en inwoners van Suid-Afirka, het almal ‘n verantoordelikheid om vir ons land te bid en ons durf nie langer wag nie. God roep ons elkeen op om posisie in te neem, om aan te tree vir die stryd en ons plek op SA se gebedsmuur in te neem.