Vanuit die Kerndienste Kantoor!
Kersfees is nie Kersfees sonder “Stille Nag” of “Herders op die ope velde” nie. Dis ook nie eg Suid-Afrikaans sonder ‘n heerlike groot middagete saam met familie nie. Inderdaad is Kersfees familietyd! Dit is ook ‘n tyd om saam met ons geestelike familie die geboorte van Jesus te vier. Moreletapark wil jou graag uitnooi na ons Kersdiens wat op 25 Desember om 08:00 begin. Ds Sarel Visser neem die diens waar. Kom “Stille Nag” en “Herders op die ope velde” saam met jou geestelike familie hier in ons groot ouditorium. Bring jou familie en vriende saam! Oujaar het ons ook ‘n diens wat om 18:30 begin. Hier is die idée om aan die einde van 2012 die Here dankie te sê vir al sy goedheid en guns en die nuwe jaar met ‘n nuwe passie in te gaan. Ook hier is jy welkom om jou vriende en familie saam te bring! Van almal by die Kerndienste kantoor, geseënde Kersfees en mag 2013 ‘n boonste rakke jaar wees!! Alle heil!
Janlu Kuyler














