Nuwejaar
Soos die vlamme knetter in die donker lig hoor ek die gekreun van nog 'n jaar wat soos fladderende sonne opvlieg tot in die duisternis. Ek asem in. 3,2,1... Die emosies wat saam met die herhinneringe instroom oorweldig die oomblik en my blik rus op die witblink maan wat pos ingeneem het in die swart. Ek asem uit: Nuwejaar. 'n Verlore traan drentel teen my wang af, maar daar glimmer-blink die weerkaatsing van hoop in my oë. Dit sál beter wees; ék sal beter wees. Net soos die middernag maan my silloette laat saamsmelt met die naggeluide, die sjampanje bottels wat klink en die joligheid van dronk lippe wat mekaar ontmoet, sal hierdie jaar ook deelword van my verlede. My verbrand-oomblikke sal net nog 'n kooltjie wees om my pad voorentoe te verlig en die donkerte net plek gun vir die maan om te skyn. Ek sal skyn- skyn soos die goue vlamme wat die hemel soen en opgloei tot tussen die sterre.
Ek maak my oë toe, neem die verlore ure stil in en glimlag vir Nuwejaar.
-I.J.











