The Awful presence of God - David Wilkerson
Kyk dit hier

tannertan36
No title available
Monterey Bay Aquarium
will byers stan first human second
Sweet Seals For You, Always
Keni
NASA
Aqua Utopia|海の底で記憶を紡ぐ
$LAYYYTER

roma★

JBB: An Artblog!
Three Goblin Art
Sade Olutola
taylor price
RMH
occasionally subtle

pixel skylines

Kaledo Art
Cosmic Funnies
Peter Solarz

seen from Australia
seen from United Kingdom
seen from United States

seen from India
seen from United States
seen from United States

seen from Australia

seen from Germany

seen from Malaysia
seen from Romania
seen from Belgium

seen from United States

seen from United States
seen from United States

seen from United States

seen from Türkiye

seen from United Kingdom

seen from Indonesia

seen from Türkiye

seen from United States
@kerndienste
The Awful presence of God - David Wilkerson
Kyk dit hier
DANKIE!
Liewe Vriende,
Dankie dat jy deelgeneem het aan die 21 Dae Vas en Gebeds inisiatief.
Ek glo die Here het jou in hierdie tyd persoonlik ontmoet. Ek is oortuig dat daar geestelike deurbrake in die gemeente was. Moet asseblief nie huiwer om enige Skrif of Woord wat jy ontvang het na [email protected] te stuur nie.
Die leierskap sal wat ons gehoor het eersdaags aan die gemeente kommunikeer.
Mag ons vashou aan Markus 11:24. "Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal so vir julle wees."
Gebedsgroete
ds Willem Badenhorst
21 Dae Vas/Afsonder en Gebed: 5- 26 Maart
Laai hierdie week se gebedspunte hier af. Dankie dat jy saam met ons hierdie tyd intree.
Kontak: 012 997 8068 | [email protected]
21 DAE VAS: GEBEDSPUNTE WEEK 2: 12 - 19 MAART
Laai hierdie week se gebedspunte hier af
Kontak: 012 997 8068 | [email protected]
Gebedspunte: Vas en Gebed - 21 Dae
Week 1 : 5-11 Maart
Dag 1 : 5 Maart
Verootmoediging
Joël 2:13 – Skeur julle harte , nie julle klere nie. Kom terug na My toe, vas en treur! Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde . Hy is bereid om straf te herroep.
· Vader , ons wil terugkeer na U en ons sonde bely en kom in verootmoediging en berou.
· Here , help ons om ontslae te raak van elke afgod in ons hart. Breek elke vesting af wat ‘n vashou plek het in ons lewens.
· Help ons om te kies teen sonde en te breek met dit wat verkeerd is in ons lewens.
Jes.45:22 – Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie.
· Ons bely en erken dat U die enigste ware God is en ons begeerte is om U alleen te dien.
· Ons bid dat elke volk, stam en nasie na U toe sal draai , sodat hulle gered kan word.
· Vader , ons as gemeente wil terugkeer na U en ons begeerte is om U alleen te dien en te gehoorsaam.
· Ons gebed is dat U ons sal lei en leer deur U Gees.
Dag 2 : 6 Maart
Skuldbelydenis
1 Joh.1:9 – maar as ons ons sonde bely – Hy is getrou en regverdig , Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Ps. 24:3&4 – Wie mag klim op die berg van die Here ? en wie mag staan in sy heilige plek ? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is.
· Bely nou jou sondes eerlik teenoor God en vra Hom om jou sondes te vergewe.
· Vra dat die Heilige Gees jou sal herinner aan dit wat nie in lyn is met Sy woord en Sy wil nie.
· Bid dat die Here jou ‘n suiwer hart en rein hande sal gee.
· Bid dat God ons sal verlos van ‘n kritiese gees, veroordeling, pessimisme en ongeloof.
· Vader ek bely dat ek en ons as gemeente so dikwels ons eie koers stap , vergewe ons asb.
· Vergewe ons dat ons so dikwels ons hoop in mense stel en nie in U nie.
Dag 3 : 7 Maart
Word stil.
Luk.5:16 – maar Jesus het Hom gereeld in ‘n verlate plek afgesonder om te bid.
· Vader help my om getrou en gereeld in aanbidding voor U te kniel en stil te word.
· Jesus U het die Vader in stilte opgesoek om Sy wil te ken en te gehoorsaam.
· Help my asb om gereeld en getrou tot U te nader met gebed en in stille gehoorsaamheid.
1 Kon.19:12 – Net na die aardbewing was daar ‘n verskriklike vuur, maar die Here was ook nie in die vuur nie. Na die vuur was daar ‘n groot stilte en iets soos ‘n stem wat fluister.
· Vader help my om stil te word in U teenwoordigheid, sodat ek U stem kan hoor.
Dag 4 : 8 Maart
Lofprysing en aanbidding
1 Kron.16:29 – Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe , bring vir Hom offers. Buig voor die Here by sy heilige verskyning.
· Ons verlang met ons hele wese om U te aanbid. Ons wil U krag en U grootheid beleef.
· Ons wil U loof met lofsange en met ons hart en hande.
· Vader, ek bring aan u al die eerbied wat ek in my hart het , mag dit vir U aanneemlik wees.
Heb.13:15 – Laat ons gedurig deur Hom aan God lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat Sy Naam bely.
· Vader ons bring aan U ‘n offer van lof vir al die seën, genade en goedheid in my lewe en ook vir al die seën oor ons as gemeente.
Dag 5 : 9 Maart
Gemeente :
Hand.1:8 (NLV) – maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea , in Samaria en tot in die uithoeke van die aarde.
· Vader , help ons as gemeente om gehoorsaam te wees aan U opdrag om die Evangelie na die uithoeke van die aarde te neem.
· Ons bid vir die Leraars en die Kerkraad(KR) dat hulle elke besluit en vergadering sal onderwerp aan U heilige wil en plan vir en met hierdie gemeente.
· Ons bid vir die KR vergadering van 31 Maart dat U volkome in beheer sal wees.
· Ons bid dat U soos in Sag.12:10 oor ons gemeente ‘n gees van gebed en smeking sal uitgiet.
· Dankie Vader , vir elkeen wat so hard werk en rees ‘n verskil maak in U koninkryk.
Dag 6 : 10 Maart
Leiers en Leraars
Kol.1:9b (NLV) – Ons vra God dat Hy dur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle Sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe ,deur net te doen wat Hy verlang.
· Vader ons vra dat U ons Leraars en leiers sal toerus en lei deur U Gees en deur die wysheid wat van U alleen af kom. (Jak.1:5)
· Ons bid dat hulle U wil duidelik sal ken en totaal en al gehoorsaam sal wees om U wil uit te voer.
· Ons bid dat hulle in totale afhanklikheid, nederige en heilige lewens sal lei.
· Ons bid dat hulle U sal volg en gehoorsaam , sodat ons hulle kan volg .
Dag 7 : 11 Maart
Woordverkondiging en eredienste
Jes.55:11 – (NLV) Net so is dit met die woord wat uit my mond kom. DIt sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.
· Bid dat die gemeente die heerlikheid van God en die kragtige werking van die Heilige Gees tydens eredienste sal ervaar.
· Bid dat gemeentelede met ontvanklike harte sal luister en gehoorsaam sal wees aan wat die Gees ons leer.
· Bid vir die lofprysingspanne - dat hulle skoon instrumente in U hande sal wees.
· Ons bid dat U o Heilige Gees die woord sal bekragtig met tekens en wonderdade.
· Ons bid ook vir die tegniese spanne , gasvryheid - , ondersteuning spanne ens wat tydens die erediens betrokke is en ons bid dat U o Heilige Gees ons almal in ‘n Goddellike eenheid en in harmonie sal laat saam werk tot U eer.
Ons sê ook dankie Here!
Dis wonderlik om te sien hoe die sluise van die Vaaldam oopgemaak word; dis musiek in ons ore dat die waterbeperkings in Gauteng opgehef gaan word en dat die damme bykans almal vol is. Baie het voorspel dat die Vaaldam jare sal neem om vol te word - dis 'n wonderwerk van God. Ons buig voor die Vader in die hemel met diepe eerbied en ontsag en ons erken dat Hy die enigste ware God is wat die wolke, weerligstrale en natuur kan beveel en onmiddellik reageer deur mildelike reën te stuur. Hy het meer gegee as wat ons ooit kon dink of vra! Ek wil graag die gemeente oproep om eerskomende Sondag tydens die oggenddiens as gemeente 'n spesiale tyd van gebed sal afstaan, om God te dank deur gebed en sang en aanbidding. Jy word versoek om dit ook in jou geloofsgemeenskap te doen - deur die week by die onderskeie bedieninge. Dankie vir jou vriendelike samewerking. Ds Willem Badenhorst
VAS EN GEBED RIGLYNE
VAS = vas aan GEBED = vas aan die WOORD
Vas en gebed kan nooit los van mekaar staan nie en die Woord van God moet in hierdie hele proses sentraal staan. Daarom is vas en gebed nooit ‘n metode om God se arm te draai of omdat jy so wonderlike gelowige is nie. Vas is ook nie bedoel om deur jou onthouding van kos God se guns te probeer verdien nie. Dit mag ook nooit wetties raak nie.
Vas lei ‘n mens tot ‘n toegespitste gebed, dit laat jou fokus op die saak en daardeur fokus jy op God. Vas sonder gebed is niks ander as ‘n dieet nie. Vas en gebed dwing jou na die een persoon in die hele heelal wat iets aan jou saak kan doen. Die wonder van vas en gebed is dat dit jou verander, want hoe meer iemand in God se teenwoordigheid kom, hoe meer verander God jou, want God het tyd nodig om mense te verander. Hoe meer jy verander, hoe meer bruikbaar raak jy in God se diens, en hoe meer kan Hy die wêreld verander.
SOORTE VAS
‘n Gewone vas is wanneer die persoon wat vas geen vaste kos in neem nie, maar net vloeistowwe, soos water, vrugtesap (nie lemoensap nie) en groente-aftreksels (nie tamatiesap nie). Vastye kan wissel van om net een ete te mis, 24 uur vas, 36 ure vas, 3 dae vas, tot 40 dae vas.
Daar is getuienis uit die Bybel van ‘n absolute vas, wanneer mense niks eet of drink nie, maar dit mag nooit langer as drie dae wees nie en kan baie gevaarlik wees vir die liggaam.
Soms kan ‘n mens net gedeeltelik vas, dit is wanneer jy net sekere kosse uitsluit, soos byvoorbeeld vleis.
Dit is egter nie belangrik hoe lank jy vas of watter soort vas jy doen nie, die belangrikste is dat wanneer jy vas, jy daardie tyd spesiaal op God fokus in gebed. Hongerpyne is dikwels seine dat jy moet eet, wanneer jy vas kan hongerpyne gebruik word as ‘n teken dat jy moet gaan bid.
VAS EN DIE BYBEL
Die Hebreeuse woord vir vas is TSOOM en die Grieks woord is NESTIS en dit beteken doodeenvoudig “om nie te eet nie”.
VAS IN KRISISTYE
Rig.20:26, 2 Sam.12:16, Ester 4:3 en 9:31.
Daar was ook voorskrifte oor hoe hulle moes vas en na GOD om hulp roep.
Dit was nogal algemene gebruik om in tye van nood te vas. Nie omdat jou vas God gaan beïndruk nie, maar omdat vas jou dwing om in God se arms te beland deur gebed en daardeur kan God deur Sy genade besluit om jou in hierdie krisis by te staan.
Vas en sondebelydenis
1 SAM.7:4-6
Onbelyde, onafgehandelde sondes, staan tussen jou en God, dit veroorsaak dat jy nie 'n gesonde gebedsverhouding met God het nie.
Vas en gebed kan jou help om skoon voor die Here te leef.
Om te help met moeilike besluite HAND.13:1-3
Ons weet nie waarom hulle gevas het nie, maar dit was 'n algemene verskynsels en terwyl hulle as gemeente besig was om te vas en die Here te dien praat die Heilige Gees met hulle. Hulle sonder hulle af en voordat hulle hierdie belangrike besluit moet neem, vas en bid die gemeente eers.
Vas laat nie God harder praat nie, maar dit maak ons ore oop om God se stem te hoor.
HOE KAN EK VAS?
Jy kan dalk die dag begin deur ‘n half uur tot ‘n uur te bid. Hierdie gebedstyd kan as volg ingerig word:
· Tyd vir stilte - hoor wat sê die Here
· Lofprysing en aanbidding
· Skuldbelydenis
· Noem die saak waarvoor jy vas en bid
· Spandeer ook tyd met God se Woord.
Tydens etenstyd kan jy weer ‘n halfuur tot ‘n uur in gebed in God se teenwoordigheid kom en dit kan later weer in die aand herhaal word. Wanneer jy dan in die dag honger word kan jy kort gebede tot God rig wat dan spesifiek op die saak gerig is. Wees oop vir die leiding van die Heilige Gees.
Indien jy op medikasie is, konsulteer eers met jou dokter. MOENIE VAS INDIEN JY
· ‘n diabeet is
· ‘n hartlyer is
· enige siekte van die organe het nie
· kolon probleme het nie
Hou twee dae voor die vastyd al op om koffie te drink, aangesien die onttrekking van kafeïen hoofpyne kan veroorsaak.
Groete en ‘n geseënde vastyd word jou toegebid.
Ds Willem Badenhorst: Geestelike Leier
Doop | Huwelike | Gebed
'n Doopkursus moet voltooi word voor jou baba se doopgeleentheid. Kontak: [email protected]
Beplan jul om te trou? Kontak: [email protected]
Ons bid graag vir jou. Stuur jou versoek na: [email protected]
Kan jy ‘n instrument speel?
Ons benodig veral elektriese kitaarspelers.
Kontak: 012 997 8047 | [email protected]
Die hele land bid saam op 28 Februarie!
Op 28 Feb kom duisende mense en gemeentes bymekaar by ongeveer 100 gebedspunte landswyd! Die doel: ons bid saam vir een uur lank, in eenheid en in geloof, vir ons mooi land Suid Afrika! Jy kan saam met ons direk na ons 09:00 erediens, kom bid in die Oranjesaal.
Lees meer oor hierdie wonderlike inisiatief hier.
Kontak: [email protected]
2016 Kalender
Loer solank en laai hom hier af!
Doop en Huwelike
Vir die volgende doopkursus inligting (van 31 Okt ‘15), kontak: [email protected]
Vir navrae oor huweliksbevestiging kontak: [email protected]
Is jy ander tale magtig? Ons nodig jou hulp!
Ons tolkdienste wat tydens eredienste die preek na verskeie tale vertaal, benodig jou hulp! Help ons om die Woord in ‘n besoeker se eie taal te bring. Opleiding word verskaf. Kontak: Sylvia du Toit 079 790 2377 of Veronika Smook 082 554 9402
Bid elke dag saam met ons!
Lees die nuwe gebedspunte hier en bid saam met ons vir die dinge wat ons naby aan die hart lê! Gebed het krag en saam maak ons die ketting sterk!
Kontak: Stella 012 997 8068
Ons wil van jou hoor!
Het jy 'n voorstel of iets op die hart om te deel? Stuur gerus deur na [email protected]
M-Connect: ons splinternuwe Engelse diens op Sondae!
Op 22 Feb @ 09:00 skop ons af met ons heel eerste Engelse diens. Ons wil graag die gemeenskap beter dien. Loer gerus hierdie video vir meer inligting.
Kontak: [email protected]