Kunsliteratuur van jazz in Suid-Afrika in die 1920's
Raal nie, voorlopig selfs ewe min dié rondom die nasiebesef, maar wel - al sal die verhouding individu-gemeenskap hom dan voorasnog nie as 'n veelomvat- rende krisis manifesteer nie - die maatskaplike en deels daaruit voortvloeiende individuele problematick; of verder kortweg: die problematiek van die (bo- wendien nie-net-maar-Suid-Afrikaanse) mens-in-die-wêreld-van-twintig. In hoever daardie werklikheid uit die letterkunde kan afgelees word, sal ons verder probeer nagaan. Ons wil slegs daarop vooruitloop met hierdie enkele vasstelling: dat daar nou heelwat spanninge ontstaan, resp. min of meer latent reeds bestaande spanninge skerp-uitgesproke aan die dag tree, tussen letter- kunde en volksdiens én derhalwe binne die letterkunde. Soos duidelik blyk uit die kritiek.
Wat die kritiek betref, word die jare 1918-21 in die eerste plek gekenmerk deur opmerklik-onbevange boekbesprekings van J. F. W. Grosskopf in Die Volksblad (1918-19), Leipoldt en L. van Niekerk in Die Huisgenoot (1919), Marais in Die Brandwag (1920-21), waarin uitsluitlik literêre kriteria aangelê word, en deur 'n kalm gedagtewisseling oor die roeping van die kritiek (Huisgenoot, 1918-19). Hierdie kwessie word daarna gereeld weer ter sprake gebring, met name deur 'n drietal jongeliede wat Nederlandse dissertasies op hul aktief het: E.C. Pienaar (Taal en poësie van die Tweede Afrikaanse Taalbewe- ging, 1919), P.C. Schoonees (Die prosa van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging, 1922) en F. E. J. Malherbe (Humor in die algemeen en sy uiting in die Afrikaanse letterkunde, 1924). Schoonees se proefskrif val "soos 'n bom in ons letterkun- dige kringe" omdat daarin 'n amper sarkasties-vernietigende oordeel oor ons prosa gevel word. Sy onverbiddelike "herwaardering" jaag 'n hele aantal prosaskrywers, nl. dié wat nog steeds voor alles volksdiens beoog, in die harnas; onder hulle blink Langenhoven uit met 'n hartstogtelike verweer (in Die Burger, 1922-23), wat hy selfs gaan verstelselmatig tot 'n obstinate haat teen alle kritici en resensente. Verder lok Schoonees ook sy akademiese vakgenote tot reaksies uit, waarop hy herhaaldelik repliseer. Die polemiek duur meer as 'n jaar voort, laai selfs in 1928 nog 'n keer op tussen Schoonees en Malherbe, en loop dan uit in 'n twisgeskryf tussen De Waal en Schoonees pro en contra "Die grote Van Lennep" en die avontuurroman (in Die Burger en Die Huisgenoot, 1928). 'n Tweede polemiek betref die jonger poësie. Teen die op "volkse" resp. "poëtiese" gronde afkeurende bespreking van Toon van den Heever se Gedigte deur Pienaar in Taal en poësie (1919) en deur G. Dekker in Die Banier (1920) trek A. H. Jonker heftig te velde in Die Huisgenoot (20.6.24). Hy huldig die digter as 'n belangrike vernuwer van die Afrikaanse poësie en veroordeel die feit dat nie-artistieke motiewe tot Pienaar en Dekker se afkeurende houding mag bygedra het.
Die jonger kritici vorm dus geensins 'n homogene groep met drastiese avantgarde-neigings nie; sommige (Pienaar bv.) is trouens al uit die staanspoor it Die akademies-gevormdes gee in hierdie "didaktiese of pedagogiese periode die toon aan; hulle doseer, korrigeer, wy in en verklaar gewigtige, en inderdaad nie-onbevoegde, leermeesters. Aan Schoonees, Pienaar, Malherbe en later Dekker (proefskrif oor Die invloed van Kasts en Shelley gdurende die negentiende eeu in Nederland, 1926) word in Die Huisgenoot die van byna alle letterkunde opgedra. Ná die verdwyning van Die Brandwag in Februarie 1922 is Die Huisgenoot tot einde 1928 die enigste tydskrif wat belang het vir die literatuur: vanaf November 1923 is dit 'n, vir












