Safari op die Zambezi (3)
Na ons laaste ounag saamkuier om ‘n wintervuur, het ek en my vriende bietjie uitmekaar gedwaal (werk, siekte en agter kinders se sportaktiwiteite aanpiekel het dit moeilik gemaak om almal in die vriendekring op dieselfde dag en datum gou weer vas te pen) en is dit nou, maande later, die eerste keer dat ons bymekaar is. Vir ‘n braai, wat anders! Die voorwaarde waarop almal by die saamtrek sal…











