Water & Licht
seen from United States
seen from Yemen

seen from United States
seen from United States

seen from United States
seen from Poland
seen from United States
seen from China

seen from United States
seen from Poland

seen from United Kingdom

seen from United States
seen from China
seen from Germany
seen from Canada

seen from United States
seen from Poland
seen from Poland
seen from United States
seen from United States
Water & Licht
Maak verfmonsters mak
As jy al ooit voor ‘n rak vol verfkleurkaartjies gestaan en wonder het, weet jy waarskynlik dat verfkies een van die mees verwarrende take ooit is. Kies jy ‘n sagte aardse beige, kom jy by die huis net om te sien die muur lyk pienk. Of ligpers. Of groen. En dit kos geld om elke keer ‘n ander kleur te gaan probeer. Hou die volgende in gedagte:
Lig: Die kleurkaartjie gaan aansienlik anders lyk in verskillende ligkwaliteite. Praat met die winkel se verfkenner en verduidelik watter kleur jy in gedagte het – dit is selfs makliker as jy ‘n tydskrifuitknipsel kan saamvat om te wys. Doen jou huiswerk.
Voorbereiding: Moenie jou nuwe verfkleur direk oor die ou kleurlaag verf nie – as die muur voorheen blou was gaan die nuwe laag waarskynlik ook ‘n blou skynsel hê. Verf eers die wit grondlaag, dan die nuwe verf. Weerkaatsing: Pasop vir die weerkaatsing van ander mure, geboue of bome op die muur wat jy gaan verf – dit kan die manier hoe die verf vertoon drasties beïnvloed. Toets: Verf die muur regoor die grootste vensters om die beste idee te kry van hoe die kleur in die natuurlike lig gaan vertoon. Die toetsarea moet ook so groot as moontlik wees vir jou om regtig akkurate voorspellings te kan maak.
As jy bietjie gewaagd wil wees en een donker fokusmuur wil verf is dit ‘n goeie idee om nie dadelik daardie kleur te kies nie. Besluit eers op die kleur van die ander mure, verf dit, en gaan kry dan donker verfmonsters vir die fokusmuur. As jy alles op een slag wil besluit en aankoop is die kanse groot dat jy jou gaan misgis. Op julle merke, gereed, VERF!
www.homedesignfind.com