hand aan hand

roma★
2025 on Tumblr: Trends That Defined the Year
Alisa U Zemlji Chuda

Kaledo Art
cherry valley forever
Show & Tell
YOU ARE THE REASON
todays bird
occasionally subtle
sheepfilms

祝日 / Permanent Vacation

Origami Around

Janaina Medeiros
🪼

❣ Chile in a Photography ❣
RMH
Sweet Seals For You, Always
Monterey Bay Aquarium

Love Begins

PR's Tumblrdome

seen from Zambia

seen from Iraq

seen from India

seen from United States
seen from Morocco

seen from United States
seen from Philippines

seen from Philippines
seen from Algeria

seen from Bangladesh
seen from Venezuela

seen from Malaysia
seen from Paraguay
seen from Ecuador
seen from Bosnia & Herzegovina
seen from United Arab Emirates

seen from Malaysia
seen from Chile

seen from United States
seen from Pakistan
@lucien-michelle
hand aan hand
meisiekind van die oewer
Papier lelie
ek kry jou in die veld, beminde
die plein
die plein kerkplein miernes mense stap klik-klak oor die plaveisel jy sak stadig laer, nader veervlerk suising soos windgordyne met jou landing verdwyn die klik-klak miernes net jy en ek, veerding blouste blou veerding jy praat in 'n ronde taal wat ek herken maar nie ken nie kom sit op my skouer en werk sorgvuldig my vingers aanmekaar met garedraad skuif my haakerige arms rond totdat dit die gestalte van takke neem kom sit op my voorkop en pik vernuftig vir jou 'n deur met 'n sleutelgat vervang my dorre denke met 'n nes waar jy jou donsvere kan matlê en jou blinkgoed kan berg grawe 'n sloot met jou voëlkloue waar my voete sal wortel vind ek is die bos my gedagtes jou nes
die Djin
ek grawe in die sand met my hande met oorgawe hier hier was die kruis wat die plek merk ek grawe in die sand met my winkelgraaf met hoop hier net hier hoort die lamp te wees my hand raak aan die tuit dit blink verblindend versigtige vingers voel die res van die bliklyf uit die Djin wat verberg is van alle sintuie woon in die holte díé Djin het kennis van goed en kwaad en gee die vrymaker een wens my hande omvou die bliklamp en vryf stadig verblindende rook spat uit die opening bulderstem sing sag: ek ken jou wens ek word wakker in my bed in my huis en jy, jy word wakker in 'n plaashuis op die vlaktes, net jy vry met 'n stel vlerke
ek is die bos waar jou herinneringe verstrengel waar jy neste met voëltjies kan vind en waar jou hande diep in die boomkrake kan inpas, stadig, versigtig ek is die bos wat jou boomhuis omvou wat jou kop bedek met al die blou vere wat ek optel ek leen jou klere stuk vir stuk soos jy vashaak in die mikke en lê saans my graslyf op dit neer ek is die bos waar jy 'n boord kan plant hoort te plant