Hoor net daar!
Ek hoor vanoggend ʼn duifie koer net buite my venster, hier in die grote stad. En ek onthou: Eendag, lank gelede (so voel dit) het ek en ‘n Kabouter in ʼn goor straat, in ʼn goor dorp, in ʼn goor tyd, wat daardie tyd was, gestap. Toe die Kabouter met die blou-blou pet skielik met ʼn knipoog vir my sê: “Hoor daar!” het hy gesê. “Die duifie sê rrrrondawel!” Net daar val my hart kadoemps op die…













