Titel: Net nog ’n moeg mamma met ’n missie
Dis vreemd om met woorde te begin as jy vir so lank stil was. Maar hier is ek nou – mamma, vrou, moeg, maar nie moedeloos nie ☕.
Ek het hierdie blog begin vir daai een mamma wat vanoggend al drie keer haar koffie koud laat word het 🥴. Vir die een wat wonder of sy nog mooi is, of sy nog weet wie sy is, of haar gebed nog verby die plafon gaan 🙏.
Dis nie perfek hier nie, maar dis eg. Dis vir jou, vir my, vir ons.
Welkom by Koffie & Genade ❤️.
Hier gaan ek skryf – oor geloof ✝️, huwelik, mamma-wees, en hoe dit voel om jou identiteit weer op te bou tussen nappies, wasgoed, en bietjie genade.











