Ek begin 10 goed en eindig net 1. My gedagtes is oral. My koffie is altyd koud. My geduld… wel, laat ons dit net “getoets” noem.
Om mamma te wees is nie altyd maklik nie. En as jy ‘n brein het wat bietjie anders werk, is dit ekstra spicy.
Ek het probeer sterk wees. Ek het gedink ek móét alles self regkry. Sonder hulp. Sonder stil hou. Sonder breek. Want dis mos wat goeie mammas doen, né?
Maar die waarheid? Jy mág breek. Jy mág oorstimulated wees. Jy mág huil, lag, gil, en sê: “ek’s nie okay nie.”
En jy mág hulp vra — dit maak jou nie swakker nie, dit maak jou wys.
Ek’s dankbaar ek het uiteindelik kon sê: genoeg is genoeg. Ek’s ook net ‘n mens.
Koffie. Chaos. Genade. Dis my drie basisse.
En weet jy wat? Ek begin weer soos myself voel. Die weergawe van my wat kan asemhaal, lag, dink, onthou… en my kind geniet.
So vir elke mamma daar buite wat voel sy verloor haarself — jy’s nie alleen nie. Jy is genoeg. En jy hoef nie alles alleen te dra nie.











