Waterfeite
Sowat 70% van die volwasse menslike liggaam bestaan uit water. By geboorte maak water sowat 80% van ‘n baba se gewig op. ‘n Gesonde person kan tot 48 koppies water per dag drink – sowat 12 liter.
Alhoewel kenners aanbeveel dat jy daagliks sowat 8 koppies water moet inkry, hoef dit nie alles in die suiwer vloeistofvorm te wees nie. Amper alle kos- en drinkitems verskaf aan die liggaam water. Gaskoeldranke, koffie en tee bestaan amper heeltemal uit water. Dit bevat egter ook kafeïne wat water kan verhoed om by die nodige bestemmings in die liggaam uit te kom. Suiwer water het ‘n natuurlike pH van 7 – dit wil sê dit is nie suur of alkalies nie. Tussen 70 en 75% van die aarde se oppervlak word met water bedek. Daar is baie meer water in die aarde se ondergrondse akwifers as bo-op die oppervlak. Van al die water op die aarde is slegs sowat drie tiendes van ‘n persent vir die mens bruikbaar. Hierdie bruikbare water is in grondwater akwifers, riviere en varswatermere te vinde. Enige gewig wat jy direk na intense fisiese aktiwiteit sou verloor is agv waterverlies, nie vetverlies nie. www.allaboutwater.org








