Vooruitsig
Kop omhoog met ferm tree trap ons voort oƫ gerig op die horison soekend na die plek waar die son gaan slaap.
Met strak oog frons op die voorkop trek ons Noord. Opdraendes uit soekend na hoƫr grond en die oog van die stroom.
Deur kabbelende kalmte en vlammende velde van fynbos. Deur woude vol skadu en waters van rus. Oppad na ons blye vooruitsig.







