31.365 Na een-en-dertig dae van dankbaarheid het ek ‘n paar opmerkings om te deel: 1. Vir die wat getrou elke dag gekyk het, ek weet daar is net 29 dae se dankbaarheid. 2. Dit is ‘n voltydse werk om aktief op sosiale media te wees - en ek maak net van een platform gebruik. 3. Mense geniet positiwiteit, en dankbaarheid is altyd goed om te deel. 4. Ek gaan meer begin fokus op mense wat deel vorm van my lewe (jy is die produk van wat jy toelaat om inspraak te lewer in jou lewe). 5. Toets als wat vir en oor jou gesê word teen God se wil en hou dit wat vir jou opbouend is en vooruitstrewendheid aanmoedig. 6. Wees lief. Vir God eerste, en dan jouself - en jou liefde sal oorspoel na die mense om jou. #fluitfluitdievosverhaalisuit #dankbaar #leefstyl #denke #voorstelle #vosverhale #2k19 #thankful #lifestyle #thoughts #foxtales (at Potchefstroom) https://www.instagram.com/p/BtS6piGBItU/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=192wixrniux2c












