Helsinki is so groot soos Windhoek â net heelwat platter en natuurlik is daar ân bedrywige seefront. My Vrystaatman en ek reis en kuier gemaklik saam, totdat hy honger en dorstig word. Almal weet wanneer jy reis kan jy Ăłf lekker slaap, Ăłf lekker eet, maar as mens in ân vreemde land beide kan aanvang, is die lewe ân lied!
 Die Vereenigte Nasies het Finland onlangs benoem as die âGelukkigste land in die WĂȘreldâ. Ek dink hulle het iets daar beet. Helsinki, Finland se nuwe hoofstad is ân bont kusdorp met sprokieagtige rotseilande en reuse groen parke. Die stad het ân kalm ritme en terselfdertyd ân vervrissende hoeveelheid van kwaliteit restaurante en winkels.
 Op reis krap ons ou geskiedenis brokkies uit, soek na lokale restaurante se aardse tradisionele kos, en wandel in strate waarin mens vrylik kan afstap sonder ân gestamp en stoot. Gewoonlik bespreek ons ân woonplek net buite ân groot stad, want eintlik is ons kleindorpie mense.
 Dit is hoogsomer in Finland, met 18-ure se daglig per dag. Almal is uitbundig op straat.
Mense loop en roomys eet in 16-grade se weer, hulle Somerweer is onse Winter temperature. Ons besluit om effe oefening te kry en op die grootste marine fort in die wĂȘreld te gaan verken. Nie net is dit ân raaiselagtige bondel van 6-rotsagtige eilande nie, maar ook ân hedendaagse moderne militĂȘre museum en woonplek vir sowat 800 Finne wat woon in bont hout huisies.
Vir dieselfde koste as ân busrit in die dorp, onderneem ons vroeg oggend ân 20-minute rit per pont na Suomenlinna. Die helfte hiervan werk in Helsinki en hulle reis per pont heen-en-weer. Elke 30-minute vertrek en arriveer die pont met plek vir 2 motors, heelwat fietse en sowat 100 mense.
ân Paar uitbundige Britte wat baie dapper aangetrek is, reis ook op ons pont oor die Baltiese see. Een jong mannetjie in besonder is effe groen om die kiewe, en hy is die fokuspunt van die oliekop fotograaf naby hom. Ons lei af dis sy troudag, uiteraard is die ou klipkerk ân romantiese plek om die knoop deur te haak.
 Op die grootste eiland is ân enorme Klip Kasteelfort gebou in rots, wat gedien het as fort om Finland te beskerm teen die Russe se inval.
Die mure is verskeie meters dik, vol donker vertrekke wat almal verbind met verskeie nou gange.
Vandag is dit ân UNESCO Bewarings gebied, maar tot onlangs in 1991 was dit ân Finse militĂȘre opleidingskool en basis. Toeriste en Finne het heeldag toegang tot die Kasteel se tonnels, sale, brĂ»e, monumente, tuine, paradegronde, en ons het onbepland ure hier deurgebring. Hierdie Kasteelfort is gebou in 1748, opgebom, herstel en goed onderhou, daar is iets vir oud en jonk, â massiewe ou kanonne, ân herstelde duikboot, ringmure en die strategiese uitkykpunte is erg indrukwekkend.
Orals is knus klein huis restaurantjies wat lokale disse offer, koffiewinkels en piekniekmandjies en tafeltjies onder koeltebome.
  Dis geen sports om net op die aangewese paadjie te bly stap nie, en ons drentel soos stout kinders weg van die toeriste pyltjies en aanwysingbordjies. Ons het selfs ân ou fabriek ontdek waar vliegtuie en gemotoriseerde yssleĂ« vir 15 jaar gebou was. Inwoners se fietse leun teen ou houtdeure, lokale mense kom en gaan onverstoord aan met hulle daaglikse gang, en speel krieket op ân ou militĂȘre paradegronde.
 Gou bevind onsself op die rant van die eiland met ân asemrowende uitsig, omring met magrietblommetjies en reuse klippe oortrek met groengras. By nadere ondersoek besef ons dit is lokale kabouteragtige huisies wat soos molshope onder die grond ingebou is, met ân enkele ronde venster en houtdeur.
This slideshow requires JavaScript.
Noudat ons fyner kyk ontdek ons oorgroeide rots buite mure van die fort, ou ysterbeslane deure wat jare reeds geslote staan. Ai as ou murasies hulle geheime kon fluister. Kanonoorlog was die doodslag van alle ou kastele, en hier wou ek beslis nie in ân fort se muur of ondergronds gewoon het toe die Russe wel in 1855 die fort ingeval het nie.
  Deur die loop van die dag het ek myself lepeloog verkyk aan die fotosessies van vele bruidspare wat orals besig was om herinneringe op film vas te lĂȘ. Die jong Britse bruidegom op die pont het uitbundig sy bruid soos ân veertjie deur die lug geswaai en haar op-en-af oor die houtdek gedra op aandrang van hulle fotograaf.
 Swak enkels, stywe knieĂ« en knik-heupe hou nie op daardie oneweredige klipsteen paadjies nie, volgende keer huur ons ân fiets! Orals langs die waterkanale is kindertjies besig om gaanse en eende met broodstukke te voer. Sommiges speel frisbie en ander skop ân sokkerbal rond. Honde en stoorwaentjies met mense op komberse en wilde blomme in die hare is orals oor die eiland.
This slideshow requires JavaScript.
Geen piekniek is kompleet sonder ân smaaklike vleisie en biertjie nie. ân Mens moet die brouery op die eiland ondersteun as die dorstigheid jou oorval; daar en dan, kommapunt die Vrystater en sy blom, met ân koue biertjie en wilde vleis â en die lewe is ân lied!
Onse mense en die Finne het vleistande in gemeen, hulle eet graag wildsvleis soos takbok en wildebosbeer en vis.
ân Vrystater en sy blom  Helsinki is so groot soos Windhoek â net heelwat platter en natuurlik is daar ân bedrywige seefront.